MARKUS 3:4
MARKUS 3:4 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir die mense gevra: “Mag 'n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag 'n mens iemand se lewe red, of mag 'n mens hom doodmaak?” Maar die mense het stilgebly.
MARKUS 3:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
MARKUS 3:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna vra Hy vir hulle: “Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” Hulle het egter niks gesê nie.
MARKUS 3:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy sê vir hulle: “Is dit toelaatbaar om op die Sabbat goed te doen, of sleg te doen, om 'n lewe te red, of om dood te maak?” Hulle het egter stilgebly.
MARKUS 3:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Is dit geoorloof om goed te doen op die sabbat, of om kwaad te doen? om lewe te red, of om dood te maak? Maar hulle het stilgebly.