MARKUS 3:28-29
MARKUS 3:28-29 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle, en dit is seker: God sal mense vergewe wanneer hulle sonde doen en sleg praat van iemand. Maar as iemand iets sleg sê teen die Heilige Gees, dan sal God dit nooit vergewe nie. So iemand sal altyd skuldig wees.”
MARKUS 3:28-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel
MARKUS 3:28-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat. Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.”
MARKUS 3:28-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Amen, Ek sê vir julle: Alle sondes en lasteringe wat mense ook al uitgespreek het, sal hulle vergewe word, maar wie teen die Heilige Gees laster, kry tot in ewigheid geen vergewing nie, maar bly skuldig aan 'n ewige sonde. ”
MARKUS 3:28-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Voorwaar Ek sê vir julle, alle sondes sal aan die mensekinders vergewe word, en lastering waarmee hulle ook al laster. Maar hy wat teen die Heilige Gees laster, het nooit vergifnis nie, maar is in gevaar van die ewige verdoemenis.
MARKUS 3:28-29 Die Boodskap (DB)
Sowaar, Ek sê vir julle: daar is niks wat julle kan doen of sê wat so sleg is dat God dit nie kan vergewe nie, selfs al praat julle lelik van Hom. Maar daar is een ding wat God net mooi niks van hou nie: dit is as mense sê dat die dinge wat die Gees doen van die duiwel af kom. God sal dit vir altyd teen so ’n persoon hou.”