MARKUS 3:27
MARKUS 3:27 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens kan nie maklik in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed steel nie. Nee, jy moet eers die sterk man vasbind, dan kan jy alles in sy huis steel.
MARKUS 3:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.
MARKUS 3:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Bowendien kan niemand in 'n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
MARKUS 3:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bowendien, niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan om sy besittings te steel nie, tensy hy eers die sterk man vasbind. Eers dan sal hy sy huis beroof.
MARKUS 3:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy besittings buit nie, tensy hy eers die sterk man bind; en dan sal hy sy huis verwoes.