MARKUS 14:65
MARKUS 14:65 Afrikaans 1983 (AFR83)
Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: “Profeteer 'n bietjie!” Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat.
MARKUS 14:65 Bybel vir almal (ABA)
Party van die mense het op Jesus gespoeg. Hulle het sy oë toegebind en hulle het Hom met hulle vuiste geslaan en vir Hom gesê: “Wys vir ons jy is 'n profeet!” Die wagte het Hom weggevat en hulle het Hom geklap.
MARKUS 14:65 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan en vir Hom te sê: Profeteer! En die dienaars het Hom met stokke geslaan.
MARKUS 14:65 Die Boodskap (DB)
Hulle spoeg toe op Hom en nadat hulle sy oë toegebind het, dam hulle Hom met die vuis by: “Toe, sê ’n bietjie wie het jou geslaan as jy kan. Jy sê mos jy is iemand wat namens God kan praat.” Die wagte het Jesus gevat en Hom baie seergemaak deur Hom te slaan.