MARKUS 14:61 - Compare All Versions
MARKUS 14:61 ABA (Bybel vir almal)
Maar Jesus het stilgebly, Hy het niks geantwoord nie. Toe vra die hoëpriester vir Hom: “Is jy die Christus, die Seun van God vir wie ons moet prys?”
MARKUS 14:61 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God?
MARKUS 14:61 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie. Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra.
MARKUS 14:61 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Hy het stilgebly en niks geantwoord nie. Die hoëpriester vra Hom toe weer: “Is jy die Christus, die Seun van die Lofwaardige?”
MARKUS 14:61 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy het stilgebly en niks geantwoord nie. Weer vra die hoëpriester Hom en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die Geseëndes?
MARKUS 14:61 DB (Die Boodskap)
Maar Jesus het net doodstil gebly. Weer vra die hoëpriester Hom: “Is jy die beloofde Redder, die Seun van die groot God?”
MARKUS 14:61 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar Jesus het net bly swyg. Hy het hulle glad nie geantwoord nie. Die hoofpriester vra toe nog ’n keer vir Hom: “Is jy die Messias, die Seun van die lofwaardige God?”