MARKUS 14:35 - Compare All Versions

MARKUS 14:35 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het 'n bietjie verder geloop en Hy het met sy gesig teen die grond gaan lê om te bid. Hy het gebid dat die Vader Hom nie baie swaar moet laat kry nie. Maar Hy het gesê die Vader moet self besluit.

MARKUS 14:35 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Hy 'n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan.

MARKUS 14:35 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het toe 'n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie.

MARKUS 14:35 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het 'n entjie verder gegaan, op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik is, die uur by Hom moet verbygaan.

MARKUS 14:35 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het 'n bietjie vorentoe gegaan en op die grond geval en gebid dat, as dit moontlik was, die uur by hom sou verbygaan.

MARKUS 14:35 DB (Die Boodskap)

Jesus het toe ’n entjie verder gaan kniel en God gevra of daar nie miskien ’n moontlikheid was dat die verskriklike dinge wat vir Hom wag, nie hoef te gebeur nie.

MARKUS 14:35 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het toe ’n entjie verder gegaan en op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik was, die verskriklike uur wat aan die kom was, by Hom sou verbygaan.