MARKUS 14:12
MARKUS 14:12 Bybel vir almal (ABA)
Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood, toe die mense die paaslam moes slag, het Jesus se dissipels vir Hom gevra: “Waar wil U hê moet ons gaan gereedmaak sodat U die Paas-ete kan eet?”
MARKUS 14:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?
MARKUS 14:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, die dag waarop die Jode altyd die paaslammers geslag het, vra Jesus se dissipels vir Hom: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
MARKUS 14:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood, wanneer hulle gewoonlik die Pasgalam geslag het, het Jesus se dissipels vir Hom gesê: “Waar wil U hê moet ons gaan voorbereidings tref sodat U die Pasga kan eet?”
MARKUS 14:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op die eerste dag van die ongesuurde brode, toe hulle die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan en berei dat U die pasga kan eet?