MARKUS 13:1-2
MARKUS 13:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus wegstap van die tempel, sê een van sy dissipels vir Hom: “Meneer, kyk na hierdie groot klippe en hierdie groot geboue!” Jesus het vir hom gesê: “Sien jy hierdie groot geboue? Die vyande sal al hierdie geboue afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie. Dit is seker.”
MARKUS 13:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!
MARKUS 13:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus van die tempel af weggaan, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, kyk watter geweldige klippe en watter geweldige geboue!” Jesus sê vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.”
MARKUS 13:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Hy die tempelterrein verlaat, sê een van sy dissipels vir Hom: “Meester, kyk net watter indrukwekkende klippe en geboue!” Jesus sê toe vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal beslis nie een klip op 'n ander gelaat word nie – alles sal afgebreek word. ”
MARKUS 13:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter soort klippe en watter geboue hier is! En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? daar mag nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie.
MARKUS 13:1-2 Die Boodskap (DB)
Terwyl Jesus-hulle so uit die tempelterrein stap, sê een van sy volgelinge vir Hom: “Here, kyk hierdie massiewe rotsblokke waarmee die tempel gebou is. Is die gebou nie pragtig nie?” “Sien julle al hierdie groot geboue?” vra Jesus. “Hulle sal tot op die grond toe afgebreek word. Daar sal nie een klip op ’n ander een gelos word nie.”
MARKUS 13:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl Jesus van die tempel af weggaan, sê een van sy dissipels vir Hom: “Leermeester, kyk net na hierdie massiewe klippe in die mure! En die ontsaglike geboue!” Daarop het Jesus hom geantwoord: “Hierdie groot geboue wat jy sien, sal so volledig tot op die grond afgebreek word dat daar nie een klip op die ander sal oorbly nie.”