MARKUS 12:7
MARKUS 12:7 Bybel vir almal (ABA)
Die mense het vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan kan ons alles kry.’
MARKUS 12:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s'n wees.
MARKUS 12:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s'n wees.’
MARKUS 12:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daardie landbouers het egter onder mekaar gesê, ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood, en die erfdeel sal ons s'n wees.’
MARKUS 12:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar daardie landbouers het onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom, laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s'n wees.