MARKUS 12:36
MARKUS 12:36 Bybel vir almal (ABA)
Dawid self het gesê wat die Heilige Gees vir hom gesê het: “ Die Here het vir my Here, die Koning, gesê: Sit hier langs My, op die belangrikste plek. Ek sal jou vyande voor jou laat buig en jy sal jou voete op hulle sit.
MARKUS 12:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
MARKUS 12:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid self het deur die ingewing van die Gees gesê: “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’
MARKUS 12:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het. ’
MARKUS 12:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Dawid het self deur die Heilige Gees gesê: Die HERE het tot my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete.