MARKUS 12:26
MARKUS 12:26 Die Boodskap (DB)
Die Skrif vertel mos hoe Moses daar gestaan het by die bos wat so gebrand het en hoe God vir hom gesê het: ‘Ek is nou nog die God van Abraham, ja, die God van Isak en die God van Jakob.’
MARKUS 12:26 Bybel vir almal (ABA)
Julle vra oor mense wat gesterf het, wat weer sal lewe. Maar het julle nie in die boeke van Moses gelees nie? Moses het geskryf oor die bos wat gebrand het, en daar het God vir Moses gesê: ‘ Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’
MARKUS 12:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wat die dode betref, dat hulle opstaan — het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?
MARKUS 12:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dat die dooies opgewek word, het julle dan nie in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, gelees hoe God vir hom gesê het: ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’ nie?
MARKUS 12:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En wat die kwessie van die opstanding van die dooies betref – het julle nie raakgelees wat daar in die boek van Moses staan, by die gedeelte oor die brandende doringbos nie? Lank nadat Abraham en Isak en Jakob reeds dood was, het God immers vir Moses gesê: ‘Ek is die God van Abraham en Isak en Jakob.’