MARKUS 12:18
MARKUS 12:18 Bybel vir almal (ABA)
'n Paar Sadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê
MARKUS 12:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê
MARKUS 12:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe kom daar Sadduseërs na Jesus toe. Dit is hulle wat beweer dat daar nie 'n opstanding is nie.
MARKUS 12:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •Sadduseërs kom toe na Hom, hulle wat sê dat daar nie 'n opstanding is nie, en vra Hom
MARKUS 12:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan kom die Sadduseërs na Hom toe, wat sê dat daar geen opstanding is nie; en hulle het hom gevra en gesê
MARKUS 12:18 Die Boodskap (DB)
Daar was ’n groep godsdienstige mense onder die Jode wat uit die ryk en belangrike families van Jerusalem gekom het. Hulle het hulleself Sadduseërs genoem. Hulle het gesê as ’n mens dood is, is jy dood. ’n Mens sal met ander woorde nie weer lewendig word nadat jy dood is nie.