MARKUS 12:1
MARKUS 12:1 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het begin om met die mense te praat en Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Hy het gesê: “'n Man het 'n klomp wingerdstokke op sy grond geplant. Hy het 'n muur rondom die wingerd gebou en 'n parskuip gereedgemaak. En hy het 'n hoë toring gebou waarop iemand kon staan om die wingerd op te pas. Daarna het hy die wingerd verhuur aan ander mense. Toe het hy weggegaan.
MARKUS 12:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
MARKUS 12:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het voortgegaan om in gelykenisse met hulle te praat en gesê: “'n Man het 'n wingerd aangeplant en 'n klipmuur daar rondom gebou. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en daarvandaan weggegaan.
MARKUS 12:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het toe met hulle in gelykenisse gepraat: “'n Man het 'n wingerd aangeplant. Hy het dit omhein, 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou. Toe het hy dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
MARKUS 12:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het met hulle begin praat deur gelykenisse. 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n plek vir die wynvet gegrawe en 'n toring gebou en dit aan landbouers verhuur en na 'n ver land gegaan.
MARKUS 12:1 Die Boodskap (DB)
Jesus vertel toe vir hulle verhale om hulle meer van die geestelike dinge te leer: “’n Boer het vir hom ’n pragtige wingerd aangeplant. Hy het baie druiwe geplant en ’n stewige heining omgesit. Verder het hy alles gebou wat nodig was om net daar by die wingerd wyn ook te kon maak. Hy het tot ’n plek gemaak waar ’n wag kon sit om die druiwe op te pas. In ’n stadium moes hy ver gaan reis. Hy verhuur toe sy wingerd met die ooreenkoms dat die huurders vir hom ’n deel van die druiwe-oes sou gee.
MARKUS 12:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Jesus vir hulle begin gelykenisse vertel: Daar was ’n man wat ’n wingerd geplant het. Hy het ’n klipmuur daar rondom gebou, ’n parskuip uitgekap en ’n uitkyktoring opgerig. Toe het hy die wingerd aan boere verhuur en na die buiteland vertrek.