MIGA 1:2-4
MIGA 1:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Al die volke moet luister. Almal wat op die aarde woon, moet luister. Die Here sal sê wat julle verkeerd gedoen het. Hy kom uit sy gewyde tempel, Hy kom van die plek waar Hy woon. Hy kom af uit die hemel en Hy trap die offer-plekke in die land plat. Wanneer Hy kom, dan smelt die berge en die valleie onder Hom. Hulle verdwyn soos iets wat smelt in vuur, soos water wat afloop teen 'n heuwel.
MIGA 1:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O Volke, luister almal saam! O Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis. Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde. En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs 'n helling afstroom!
MIGA 1:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister, alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, die Here wil uit sy heilige tempel getuig. Die Here kom uit sy woonplek uit, Hy kom af, Hy kom oor die hoë plekke van die aarde. Berge smelt weg onder Hom, laagtes skeur oop. Soos was in vuur smelt, so smelt die berge, hulle loop teen die hellings af soos water.
MIGA 1:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Luister, alle volke! Let op, aarde en almal wat daarop woon! My Heer, die HERE, gaan teen julle getuig, die Heer uit sy heilige paleis. Kyk, die HERE kom uit sy woonplek; Hy daal neer en trap op die hoogtes van die aarde. Die berge smelt onder Hom en die valleie skeur oop, soos was wat voor vuur smelt, soos water wat teen 'n berghang afstroom.
MIGA 1:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Luister, alle volke; luister, o aarde en alles wat daarop is, en laat die HERE HERE getuie wees teen jou, die HERE vanuit sy heilige tempel. Want kyk, die HERE gaan uit sy plek uit, en Hy sal afkom en op die hoogtes van die aarde trap. En die berge sal onder hom gesmelt word, en die valleie sal gekloof word, soos was voor die vuur en soos die waters wat op 'n skuins plek afgegooi word.
MIGA 1:2-4 Die Boodskap (DB)
Die eerste boodskap klink so: “Luister, asseblief! Alle volke en mense wat op die aarde bly, kyk mooi wat gaan gebeur! Die Here is Koning en Hy maak ’n regsaak teen julle. Meer as dit nog, Hy sal teen julle getuig. Die Here is in sy tempel, maar Hy wil hê julle moet hoor wat Hy te sê het. “Kyk, Hy gaan weg van sy hemelse paleis af en kom aarde toe. Hy loop op die hoë bergtoppe. Almal sal weet Hy het gekom, want die aarde wys dit. Die berge smelt weg en die valleie skeur oop. Dit lyk net soos wanneer ’n mens kerswas in ’n vuur sou smelt. Die was word loperig van die hitte en loop net soos water teen die kante van die berge af. Dit is soos vuurwarm lawa wat afloop.
MIGA 1:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Let op, nasies van die wêreld, julle wat die aarde bewoon! Die oppermagtige HERE kla julle aan. Die HERE sal getuig uit sy heilige tempel. Kyk, die HERE is op pad! Hy verlaat sy troon en kom af aarde toe. Hy kom loop hier op die hoë plekke. Die berge smelt onder Hom. Soos was wat smelt, vloei hulle die valleie binne; soos water wat afvloei teen die heuwels.