Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 9:34 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 9:34 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy die bose geeste uitdryf.”

MATTEUS 9:34 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

MATTEUS 9:34 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar die Fariseërs se reaksie was: “Dit is Beëlsebul wat Hom help om bose geeste uit mense uit te jaag.”

MATTEUS 9:34 DB (Die Boodskap)

“Nee wat,” het die Fariseërs verskoning probeer soek, “hierdie man werk vir die duiwel. Daarom luister die bose geeste so vir hom!”

MATTEUS 9:34 ABA (Bybel vir almal)

Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is die leier van die duiwels wat vir Jesus help om die duiwels uit te jaag.”

MATTEUS 9:34 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar die •Fariseërs het gesê: “Deur die aanvoerder van die demone dryf Hy die demone uit.”

MATTEUS 9:34 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar die Fariseërs het gesê: Hy dryf die duiwels uit deur die owerste van die duiwels.