Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 9:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 9:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat godslasterlik.”

MATTEUS 9:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.

MATTEUS 9:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Party van die skrifkenners dink toe by hulleself: “Dit is absolute laster!”

MATTEUS 9:3 DB (Die Boodskap)

’n Groepie geleerde Jode het egter alles staan en bekyk. Hulle was glad nie tevrede met wat hulle gehoor het nie. Dit het ’n paar van hulle onder mekaar laat mompel: “Hierdie man het geen respek vir God nie. Kyk net wat sê hy!”

MATTEUS 9:3 ABA (Bybel vir almal)

Party van die skrifgeleerdes het gehoor wat Jesus gesê het, en hulle sê toe vir mekaar: “Hierdie man maak of hy self God is.”

MATTEUS 9:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hierop het sommige van die skrifkenners onder mekaar gesê: “Hierdie man laster.”

MATTEUS 9:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En kyk, sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man laster.