MATTEUS 9:20 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 9:20 AFR83 (Afrikaans 1983)
'n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak.
MATTEUS 9:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En daar het 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.
MATTEUS 9:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Onderweg het ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter af na Jesus toe gekom en aan die soom van sy bokleed geraak
MATTEUS 9:20 DB (Die Boodskap)
Onder die mense was daar ’n vrou wat twaalf jaar lank al vreeslik gebloei het. Niks wou help nie en
MATTEUS 9:20 ABA (Bybel vir almal)
Terwyl hulle loop, het daar 'n vrou van agter gekom en sy het aan die soom van Jesus se klere geraak. Sy was siek, sy het twaalf jaar lank aangehou bloei.
MATTEUS 9:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar het toe skielik 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter af nader gekom en die soom van sy bokleed aangeraak.
MATTEUS 9:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing siek was, het agter hom aangekom en die soom van sy kleed aangeraak.