MATTEUS 8:26-27 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 8:26-27 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword. Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”
MATTEUS 8:26-27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom. En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?
MATTEUS 8:26-27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar Jesus sê vir hulle: “Waarom is julle so verskrik? Is julle geloof dan regtig so klein?” Daarna het Hy opgestaan, die winde en die see streng aangespreek en daar het ’n groot kalmte gekom. Die dissipels was oorweldig. “Watter soort mens is Hy dat selfs die winde en die see na Hom luister?”
MATTEUS 8:26-27 DB (Die Boodskap)
“Het julle geen vertroue in My nie?” vra Jesus. “Sê My, as julle regtig in My glo, waarvoor is julle dan so bang? Dink julle julle sal ooit kan ondergaan as Ek by julle is?” Hy staan toe op en beveel die wind met gesag in sy stem om te gaan lê en die see om stil te word. Skielik, asof iemand ’n kombers van kalmte oor die meer getrek het, was alles stil. Die mense was uit die veld geslaan en het uit pure verbasing vir mekaar gevra: “Het julle gesien? Die wind en die see luister na Hom! Wie is Hy? Waar kom Hy vandaan?”
MATTEUS 8:26-27 ABA (Bybel vir almal)
Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle so bang? Hoekom is julle geloof so min?” Jesus het opgestaan en Hy het kwaai gepraat met die wind en die see. Die see het stil en kalm geword. Die dissipels was baie verbaas en hulle het gesê: “Hy is nie 'n gewone mens nie, ook die wind en die see luister na Hom.”
MATTEUS 8:26-27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Hy het vir hulle gesê: “Hoekom is julle bang, kleingelowiges?” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die see. En alles het baie kalm geword. Die mense was verwonderd en het gesê: “Watter soort mens is dit dié dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
MATTEUS 8:26-27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bevrees, kleingelowiges? Toe het hy opgestaan en die winde en die see bestraf; en daar was 'n groot kalmte. Maar die manne was verwonderd en het gesê: Wat is hierdie mens, dat selfs die winde en die see hom gehoorsaam is!