MATTEUS 8:2
MATTEUS 8:2 Bybel vir almal (ABA)
Daar kom toe 'n melaatse man na Jesus toe en hy kniel voor Hom. Hy het vir Jesus gesê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
MATTEUS 8:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en daar het 'n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.
MATTEUS 8:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
MATTEUS 8:2 Die Boodskap (DB)
’n Melaatse man kom versigtig nader. (Mense met ’n lelike velsiekte was volgens die Joodse wet onrein. Hulle is verbied om in die tempel in die teenwoordigheid van God te kom. Daarom wou die mense nie eintlik iets met hulle te doen gehad het nie.) Hierdie man val toe op sy knieë voor Jesus neer en buig sy kop tot laag op die grond. Daar voor almal begin hy Jesus hardop prys. Toe smeek hy Jesus: “Here, as U wil, kan U my gesond maak. Dan sal ek weer rein wees en ’n gewone lewe kan lei - ek sal weer vriende kan hê en in die tempel gaan aanbid. Ek weet U kan as U wil!”