MATTEUS 8:19 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 8:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
'n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: “Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.”
MATTEUS 8:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En 'n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.
MATTEUS 8:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
’n Skrifkenner kom toe na Hom toe en sê vir Hom: “Leermeester, ek sal U volg, maak nie saak waarheen U gaan nie!”
MATTEUS 8:19 DB (Die Boodskap)
Toe hulle begin regmaak om te gaan staan ’n geleerde Israeliet nader, ’n kenner van die Joodse Bybel. Hy sê vir Jesus: “Ek sien U is ’n geleerde man. Mag ek asseblief saam met U gaan? Ek wil so graag meer van U leer. Dit maak nie saak waarheen U gaan nie, ek sal daar wees!”
MATTEUS 8:19 ABA (Bybel vir almal)
Daar het 'n skrifgeleerde na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Meneer, ek sal saam met U gaan, oral waar U gaan.”
MATTEUS 8:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Sekere skrifkenner het toe nader gekom en vir Hom gesê: “Meester, ek sal U volg waar U ook al gaan.”
MATTEUS 8:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En 'n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al gaan.