Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 8:17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 8:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”

MATTEUS 8:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

MATTEUS 8:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

So het die uitspraak van Jesaja waar geword wat lui: “Hy het ons kwale weggevat, en ons siektes het Hy weggedra.”

MATTEUS 8:17 DB (Die Boodskap)

Terwyl hulle Jesus so dophou, het hulle begin verstaan wat die groot profeet Jesaja bedoel het: “Waar ons so swak was dat ons nie verder kon nie, het Hy ons weer sterk gemaak. Toe ons platgeslaan was deur siektes, het Hy ons gesond gemaak.”

MATTEUS 8:17 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het dit gedoen, sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het: “ Hy het self ons pyn gedra en Hy het ons siektes weggeneem.”

MATTEUS 8:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

sodat vervul sou word wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons krankhede weggeneem, en ons siektes het Hy gedra.”

MATTEUS 8:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Sodat vervul sou word wat gespreek is deur die profeet Jesaja, wat gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons krankhede gedra.