MATTEUS 5:3-4
MATTEUS 5:3-4 Bybel vir almal (ABA)
“Mense wat weet hulle het vir God nodig, is gelukkige mense, want God wat in die hemel is, is hulle Koning. Mense wat nou hartseer is, is gelukkige mense, want God sal hulle hartseer wegneem.
MATTEUS 5:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
MATTEUS 5:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
MATTEUS 5:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Gelukkig is die armes van gees, want aan hulle behoort die •koninkryk van die hemele. Gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
MATTEUS 5:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
MATTEUS 5:3-4 Die Boodskap (DB)
“Gelukkig is almal wat van God se goedheid en sorg afhanklik is. Hulle sal definitief ’n plek kry in sy nuwe wêreld. “Gelukkig is almal wat hartseer is oor al die pyn en swaarkry in hierdie wêreld. God self sal hulle trane afdroog.