Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 4:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 4:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”

MATTEUS 4:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.

MATTEUS 4:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.”

MATTEUS 4:3 DB (Die Boodskap)

Hy het vir Jesus kom sê: “Kyk, as jy regtig God se Seun is, sê dan vir hierdie klippe om in brood te verander.”

MATTEUS 4:3 ABA (Bybel vir almal)

Die duiwel het na Jesus toe gekom en hy het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê dan vir hierdie klippe hulle moet brode word.”

MATTEUS 4:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het die versoeker nader gekom en vir Hom gesê: “As u die •Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word.”

MATTEUS 4:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe die versoeker by hom kom, sê hy: As U die Seun van God is, beveel dat hierdie klippe brood gemaak word.