MATTEUS 3:14 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 3:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?”
MATTEUS 3:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?
MATTEUS 3:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar Johannes wou Hom keer. “Ú behoort mý tog veel eerder te doop,” het hy gesê. “Dit is ongehoord dat U nou na my toe kom!”
MATTEUS 3:14 DB (Die Boodskap)
Maar Johannes wou dit nie doen nie. “Nooit nie! Ek behoort eintlik deur U gedoop te word!” het Johannes geskok gesê. “U is mos nie ’n sondaar soos al die ander mense wat ek doop nie. Hoekom kom U na my toe dat ek U moet doop?”
MATTEUS 3:14 ABA (Bybel vir almal)
Johannes wou dit nie doen nie. Hy het gesê: “Dit is nie reg dat ek vir Ú doop nie, U moet vir mý doop. Hoekom kom U na my toe?”
MATTEUS 3:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Johannes het Hom probeer teengaan met die woorde: “Ek behoort deur U gedoop te word, en U kom na my?”
MATTEUS 3:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Johannes het hom verbied en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?