MATTEUS 28:9
MATTEUS 28:9 Bybel vir almal (ABA)
Skielik het Jesus daar voor hulle gestaan en Hy het vir hulle gesê: “Ek groet julle!” Die vroue kom toe na Jesus toe. Hulle het aan sy voete geraak en Hom aanbid.
MATTEUS 28:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.
MATTEUS 28:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid.
MATTEUS 28:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Onverwags het Jesus hulle tegemoet gekom en gesê: “Gegroet!” Hulle gaan toe nader, gryp sy voete en aanbid Hom.
MATTEUS 28:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle gaan om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle tegemoet en sê: Wees gegroet! En hulle het gekom en Hom aan die voete vasgehou en Hom aanbid.