Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 28:9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 28:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid.

MATTEUS 28:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

MATTEUS 28:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En toe, meteens, daar staan Jesus voor die vroue, en Hy sê: “Goeiedag, almal!” Hulle hardloop na Hom toe, gryp sy voete vas en aanbid Hom.

MATTEUS 28:9 DB (Die Boodskap)

Terwyl hulle afsit huis toe, kom hulle skielik vir Jesus self teë. Daar het Hy gestaan.

MATTEUS 28:9 ABA (Bybel vir almal)

Skielik het Jesus daar voor hulle gestaan en Hy het vir hulle gesê: “Ek groet julle!” Die vroue kom toe na Jesus toe. Hulle het aan sy voete geraak en Hom aanbid.

MATTEUS 28:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Onverwags het Jesus hulle tegemoet gekom en gesê: “Gegroet!” Hulle gaan toe nader, gryp sy voete en aanbid Hom.

MATTEUS 28:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En terwyl hulle gaan om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle tegemoet en sê: Wees gegroet! En hulle het gekom en Hom aan die voete vasgehou en Hom aanbid.