MATTEUS 28:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 28:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.
MATTEUS 28:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
MATTEUS 28:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan. Oorstelp van skok, maar nog meer van ’n ontsaglike blydskap, het hulle gehardloop om die boodskap aan sy dissipels te gaan gee.
MATTEUS 28:8 DB (Die Boodskap)
Die vroue het nie op hulle laat wag nie. Hulle hardloop toe so vinnig as wat hulle kon huis toe om vir die dissipels te gaan vertel. Van skrik het hulle bene nog maar gebewe, maar hulle harte het van pure blydskap vinnig geklop.
MATTEUS 28:8 ABA (Bybel vir almal)
Die vroue het gou weggegaan van die graf. Hulle was bang en baie bly en hulle het gehardloop om dit vir die dissipels te vertel.
MATTEUS 28:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met vrees en groot blydskap het hulle haastig van die graf af weggegaan en gehardloop om die boodskap aan sy dissipels oor te dra.
MATTEUS 28:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het vinnig van die graf af weggegaan met vrees en groot blydskap; en het wel gehardloop om sy dissipels woord te bring.