MATTEUS 28:3-4 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 28:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
MATTEUS 28:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
MATTEUS 28:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Sy gesig het geblink soos weerlig en sy klere was sneeuwit. Die wagte het van angs begin bewe oor die engel en toe soos dooies bewusteloos neergeslaan.
MATTEUS 28:3-4 DB (Die Boodskap)
Toe die wagte hom sien, het hulle hulle byna doodgeskrik. Soos iemand wat flou word, slaan hulle neer, veral toe hulle die engel se gesig sien. Dit het gelyk of daar weerligstrale uitkom, so het dit gestraal. Sy klere was skitterend blink.
MATTEUS 28:3-4 ABA (Bybel vir almal)
Hy het geblink soos weerlig en sy klere was so wit soos sneeu. Die soldate wat die graf opgepas het, het groot geskrik. Hulle het gebewe en hulle het geword soos mense wat dood is.
MATTEUS 28:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere wit soos sneeu. Uit vrees vir hom het dié wat die graf bewaak, gebewe en soos dooies geword.
MATTEUS 28:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy aangesig was soos weerlig, en sy klere wit soos sneeu. En uit vrees vir hom het die wagte geskud en soos dooies geword.