MATTEUS 27:9-10
MATTEUS 27:9-10 Bybel vir almal (ABA)
So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het: “ Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem, dit is hoeveel die Israeliete besluit het ek moet kry. En hulle het dit betaal vir die grond van die pottebakker, want dit was wat die Here vir my gesê het.”
MATTEUS 27:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel; en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.
MATTEUS 27:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “En hulle het die dertig silwermuntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreengekom het om vir hom te betaal, en hulle het dit uitbetaal vir die grond van die pottebakker. So het die Here dit aan my opgedra.”
MATTEUS 27:9-10 Die Boodskap (DB)
Dit was net soos die profeet Jeremia lank terug gesê het: “En hulle het die 30 stukke silwer gevat, die prys wat die Israeliete op sy kop gesit het, en dit vir die grond van die pottebakker betaal. Dit is die Here se instruksies aan my.”
MATTEUS 27:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarmee het die woord van die profeet Jeremia in vervulling gegaan: “Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem – die prys waarteen hy deur die volk Israel gewaardeer is – en die pottebakker se grond daarmee gekoop, soos die Here my beveel het.”