MATTEUS 27:9
MATTEUS 27:9 Bybel vir almal (ABA)
So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het: “ Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem, dit is hoeveel die Israeliete besluit het ek moet kry.
MATTEUS 27:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel
MATTEUS 27:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “En hulle het die dertig silwermuntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreengekom het om vir hom te betaal
MATTEUS 27:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe is die uitspraak van die profeet Jeremia vervul: “Hulle het die dertig silwerstukke, die prys waarteen Hy deur die kinders van Israel gewaardeer is, geneem
MATTEUS 27:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe is vervul wat gespreek is deur die profeet Jeremy, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van hom wat gewaardeer is, wat hulle van die kinders van Israel gewaardeer het