MATTEUS 27:64
MATTEUS 27:64 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir die soldate sê hulle moet die graf drie dae lank oppas. As jy dit nie doen nie, dan sal sy dissipels miskien kom en hulle sal sy liggaam steel en vir die volk sê hy lewe weer. Hierdie nuwe leuen sal groter wees as die eerste leuen, toe hy gesê het dat hy die Christus is.”
MATTEUS 27:64 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.
MATTEUS 27:64 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.”
MATTEUS 27:64 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Beveel dan dat die graf tot op die derde dag beveilig word, sodat sy dissipels hom nie gaan steel en vir die volk sê, ‘Hy is opgewek uit die dood!’ nie. Die laaste dwaling sal erger wees as die eerste. ”
MATTEUS 27:64 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Beveel dan dat die graf bewaak word tot die derde dag, sodat sy dissipels nie in die nag kom en hom steel nie en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode; so sal die laaste dwaling erger wees as die eerste.
MATTEUS 27:64 Die Boodskap (DB)
Wees asseblief so vriendelik om opdrag te gee dat die graf drie dae lank goed opgepas word. Sy dissipels sal hom dan nie kan kom steel en die storie vir almal vertel dat hy uit die dood opgewek is nie. So ’n storie sal baie erger wees as die een dat hy opgewek gaan word!”
MATTEUS 27:64 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom versoek ons u om opdrag te gee dat die graf vir drie dae bewaak word. Dit sal sy dissipels verhinder om sy liggaam te kom steel en vir almal te vertel: ‘God het Hom uit die dood opgewek.’ As dit gebeur, sal dinge nog slegter daaraan toe wees as voorheen.”