MATTEUS 27:60 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 27:60 AFR83 (Afrikaans 1983)
en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:60 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
MATTEUS 27:60 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy het dit in sy eie, nuwe graf gelê wat hy in die rots laat uitkap het. En nadat hy ’n groot klip voor die ingang gerol het, het hy weggegaan.
MATTEUS 27:60 DB (Die Boodskap)
dit in ’n graf gaan begrawe. Die graf het aan hom behoort. Dit was ’n nuwe graf wat hy self in die rots laat uitkap het. Omdat die graf byna soos ’n grot was, het hy ’n groot rots voor die ingang gerol. Daarna is hy weg.
MATTEUS 27:60 ABA (Bybel vir almal)
Hy het Jesus se liggaam in sy eie nuwe graf gesit wat hy in 'n rots laat kap het. Hy het 'n groot klip voor die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:60 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
en neergelê in die nuwe graf wat hy vir homself in die rots laat uitkap het. Hy het toe 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:60 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het dit in sy eie nuwe graf neergelê wat hy in die rots uitgekap het; en hy het 'n groot klip na die ingang van die graf gerol en weggegaan.