Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 27:6 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 27:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.”

MATTEUS 27:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.

MATTEUS 27:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die hoofpriesters het die geld toe geneem en gesê: “Ons mag dit nie in die tempelskatkis gooi nie, want die bloed van ’n mens kleef aan hierdie geld.”

MATTEUS 27:6 DB (Die Boodskap)

Die priesters het die geld gevat en gesê: “Dit is jammer, maar ons kan nie hierdie geld as kollekte vir die tempel vat nie. Dit is mos geld wat vir iemand se lewe betaal is.”

MATTEUS 27:6 ABA (Bybel vir almal)

Die priesterleiers het die geld geneem en gesê: “Ons kan dit nie by die tempel se geld sit nie, want dit is bloedgeld.”

MATTEUS 27:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die leierpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit is nie toelaatbaar om dit in die skatkis te gooi nie, aangesien dit bloedgeld is.”

MATTEUS 27:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te gooi nie, want dit is die prys van bloed.