MATTEUS 27:6
MATTEUS 27:6 Bybel vir almal (ABA)
Die priesterleiers het die geld geneem en gesê: “Ons kan dit nie by die tempel se geld sit nie, want dit is bloedgeld.”
MATTEUS 27:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.
MATTEUS 27:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.”
MATTEUS 27:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die leierpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit is nie toelaatbaar om dit in die skatkis te gooi nie, aangesien dit bloedgeld is.”
MATTEUS 27:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te gooi nie, want dit is die prys van bloed.