MATTEUS 27:57-60
MATTEUS 27:57-60 Bybel vir almal (ABA)
Dit was al laat en amper aand. Daar kom toe 'n ryk man van die stad Arimatea. Sy naam was Josef. Hy was self ook 'n dissipel van Jesus. Josef het na Pilatus toe gegaan en hy het gevra of hy Jesus se liggaam kan kry. Toe het Pilatus gesê die soldate moet Jesus se liggaam vir Josef gee. Josef het Jesus se liggaam geneem en hy het dit in 'n skoon lap toegedraai. Hy het Jesus se liggaam in sy eie nuwe graf gesit wat hy in 'n rots laat kap het. Hy het 'n groot klip voor die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:57-60 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word. En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
MATTEUS 27:57-60 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat die middag het daar 'n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook 'n volgeling van Jesus was. Hy het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra, en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word. Josef het die liggaam geneem en dit in skoon linne toegedraai en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:57-60 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe dit laat geword het, het 'n ryk man van Arimatea, met die naam Josef, daar aangekom. Ook hy was 'n dissipel van Jesus. Dié man het •Pilatus genader en die liggaam van Jesus gevra. Toe het Pilatus beveel dat dit gegee word. Josef het die liggaam geneem, dit toegedraai in 'n skoon linnedoek en neergelê in die nuwe graf wat hy vir homself in die rots laat uitkap het. Hy het toe 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:57-60 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom, met die naam van Josef, wat self ook Jesus se dissipel was. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gesmeek. Toe het Pilatus beveel dat die liggaam gelewer moes word. En nadat Josef die liggaam geneem het, het hy dit in 'n skoon linnedoek toegedraai, En hy het dit in sy eie nuwe graf neergelê wat hy in die rots uitgekap het; en hy het 'n groot klip na die ingang van die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:57-60 Die Boodskap (DB)
Dit het al laat begin word. ’n Ryk man, Josef van Arimatea, wat ook ’n volgeling van Jesus was, het daar aangekom. Hy het vir Pilatus die liggaam van Jesus gaan vra. Pilatus het beveel dat die liggaam vir hom gegee moes word. Josef het die liggaam in skoon linnedoeke toegedraai en dit in ’n graf gaan begrawe. Die graf het aan hom behoort. Dit was ’n nuwe graf wat hy self in die rots laat uitkap het. Omdat die graf byna soos ’n grot was, het hy ’n groot rots voor die ingang gerol. Daarna is hy weg.
MATTEUS 27:57-60 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Laat daardie middag het Josef, ’n ryk man van Arimatea, daar opgedaag. Hy was self ook ’n dissipel van Jesus. Hy het Pilatus genader en gevra of hy Jesus se liggaam kon kry. Pilatus het toe ’n bevel uitgereik dat dit aan hom oorhandig moes word. Josef het Jesus se liggaam toe in ontvangs geneem en dit in ’n nuwe stuk linne toegedraai. Hy het dit in sy eie, nuwe graf gelê wat hy in die rots laat uitkap het. En nadat hy ’n groot klip voor die ingang gerol het, het hy weggegaan.