MATTEUS 27:55-56 - Compare All Versions

MATTEUS 27:55-56 ABA (Bybel vir almal)

Daar was baie vroue wat 'n bietjie verder gestaan en kyk het. Hulle het van Galilea saam met Jesus gekom om vir Hom te sorg. Maria Magdalena en Maria ma van Jakobus en Josef was daar, en ook die vrou van Sebedeus.

MATTEUS 27:55-56 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het. Onder hulle was daar Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedéüs.

MATTEUS 27:55-56 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daar was ook baie vroue wat op 'n afstand gestaan en kyk het. Dit is hulle wat vir Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria die moeder van Jakobus en Josef, en die moeder van die seuns van Sebedeus.

MATTEUS 27:55-56 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daar was baie vroue teenwoordig wat van ver af toegekyk het. Dit was vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en Hom gedien het. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die moeder van Jakobus en Josef, en die moeder van die seuns van Sebedeus.

MATTEUS 27:55-56 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En baie vroue was daar wat ver aanskou het wat Jesus van Galilea gevolg het en Hom bedien het. Onder wie was Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van Sebedeus se kinders.

MATTEUS 27:55-56 DB (Die Boodskap)

Heelwat vroue het op ’n afstand gestaan en kyk. Hulle het Hom van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van Jakobus en Josef, asook die ma van die Sebedeus-broers.

MATTEUS 27:55-56 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Baie vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het, het alles op ’n afstand dopgehou. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van Jakobus en Josef, en die vrou van Sebedeus, die ma van Jakobus en Johannes.