MATTEUS 27:3
MATTEUS 27:3 Bybel vir almal (ABA)
Judas wat vir Jesus verraai het, het gehoor dat die Joodse Raad besluit het dat Jesus skuldig is en dat Hy moet sterf. Judas was toe jammer en hy het die 30 silwer geldstukke teruggegee vir die priesterleiers en die familieleiers.
MATTEUS 27:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge
MATTEUS 27:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe
MATTEUS 27:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Judas, sy verraaier, sien dat Hy veroordeel is, het hy berou gekry. Hy het toe die dertig silwerstukke na die leierpriesters en familiehoofde teruggeneem
MATTEUS 27:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Judas, wat hom verraai het, sien dat hy veroordeel was, het hy berou gehad en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge.