MATTEUS 27:24
MATTEUS 27:24 Bybel vir almal (ABA)
Pilatus sien toe dat alles wat hy doen, niks help nie. Die mense het nog meer kwaad geword en hulle het geskree en geraas. Pilatus neem toe water en hy was sy hande sodat al die mense dit kan sien, en hy sê: “Ek is onskuldig as hierdie man moet sterf. Dit is júlle wat besluit hy moet sterf.”
MATTEUS 27:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
MATTEUS 27:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”
MATTEUS 27:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Pilatus sien dat hy niks bereik nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Julle moet maar self toesien. ”
MATTEUS 27:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Pilatus sien dat hy niks kon oorwin nie, maar dat daar eerder 'n oproer gemaak word, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige; sorg daarvoor.
MATTEUS 27:24 Die Boodskap (DB)
Pilatus het agtergekom dat hy dit nie gaan regkry om Jesus los te laat nie. Die mense het net al hoe rumoeriger geword. Hy het besef dat dit ’n oproer kon veroorsaak. Hy kry toe ’n bak water en was sy hande daar voor almal. “Ek wil niks meer met die saak te doen hê nie. Wat verder gebeur, is nie my skuld nie. Gaan doen julle nou wat julle wil.”
MATTEUS 27:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Pilatus het gemerk dat dit hopeloos was, en dat daar ’n oproer aan die kom was. Gevolglik het hy ’n skottel water laat kom en sy hande ten aanskoue van die skare gewas met die woorde: “Ek is onskuldig aan die dood van hierdie man. Dit is op julle rekening.”