MATTEUS 27:21
MATTEUS 27:21 Bybel vir almal (ABA)
Die goewerneur vra toe weer vir die mense: “Wie van die twee mense wil julle hê moet ek vir julle uit die tronk laat kom?” En hulle het geantwoord: “Barabbas!”
MATTEUS 27:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas!
MATTEUS 27:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goewerneur vra hulle toe: “Watter een van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat?” “Barabbas!” antwoord hulle.
MATTEUS 27:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!”
MATTEUS 27:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die goewerneur het geantwoord en vir hulle gesê: Wie van die twee wil julle moet ek vir julle loslaat? Hulle het gesê: Barabbas.