MATTEUS 26:8-10
MATTEUS 26:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Toe die dissipels dit sien, het hulle kwaad geword daaroor en hulle het gesê: “Hoekom mors sy die olie? Sy kon dit verkoop het en baie geld gekry het. Dan kon sy die geld vir die arm mense gegee het.” Jesus het geweet wat hulle gesê het, en daarom het Hy vir sy dissipels gesê: “Hoekom pla julle die vrou? Sy het vir My iets gedoen wat goed is.
MATTEUS 26:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting? Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen.
MATTEUS 26:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so 'n verkwisting?” vra hulle. “'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.” Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen.
MATTEUS 26:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en vra: “Waarom hierdie verkwisting? 'n Mens kon dit vir baie geld verkoop het, wat aan die armes gegee kon word.” Toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het immers 'n goeie daad aan My gedoen.
MATTEUS 26:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waartoe is hierdie vermorsing? Want hierdie salf kon vir baie verkoop gewees het en aan die armes gegee gewees het. Toe Jesus dit verstaan, sê Hy vir hulle: Waarom pla julle die vrou? want sy het 'n goeie werk aan my gedoen.
MATTEUS 26:8-10 Die Boodskap (DB)
Toe die ander aan die tafel sien wat sy besig was om te doen, was hulle sommer baie omgekrap. “Hou op! Jy mors die goed,” roep hulle uit. “Ons kon dit vir baie geld verkoop het. Dink net hoeveel arm mense ons daarmee kon gehelp het.” Toe Jesus sien hoe hulle reageer, sê Hy: “Waarom kraak julle die vrou so af? Wat sy vir My gedoen het, beteken vir My baie.
MATTEUS 26:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die dissipels dit sien, het hulle hulle daaroor opgewerk. “Watter vermorsing,” het hulle onder mekaar gesê, “sy kon dit vir ’n yslike bedrag verkoop en die geld vir die armes gegee het!” Jesus het dit egter agtergekom en vra hulle toe: “Waarom maak julle dit so moeilik vir hierdie vrou? Sy het immers ’n weldaad aan My gedoen.