MATTEUS 26:57 - Compare All Versions
MATTEUS 26:57 ABA (Bybel vir almal)
Die mense wat vir Jesus gevang het, het Hom weggevat na Kajafas toe. Kajafas was die hoëpriester. Die skrifgeleerdes en die familieleiers het daar bymekaargekom.
MATTEUS 26:57 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kájafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.
MATTEUS 26:57 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die mense wat vir Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die familiehoofde bymekaargekom het.
MATTEUS 26:57 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die mense wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifkenners en die familiehoofde vergader het.
MATTEUS 26:57 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat Jesus gegryp het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.
MATTEUS 26:57 DB (Die Boodskap)
Hulle het Jesus daarna na die hoëpriester, Kajafas, toe gevat. Al die Joodse leiers het klaar daar gesit en wag.
MATTEUS 26:57 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die groep wat Jesus gearresteer het, het Hom toe na die woning van Kajafas, die hoofpriester, gebring waar die skrifkenners en die familiehoofde bymekaar was.