MATTEUS 26:17
MATTEUS 26:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
MATTEUS 26:17 Bybel vir almal (ABA)
Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood, het Jesus se dissipels na Hom toe gekom en vir Hom gevra: “Waar wil U hê moet ons gaan gereedmaak sodat U die Paas-ete kan eet?”
MATTEUS 26:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?
MATTEUS 26:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood het die dissipels na Jesus gekom en gevra: “Waar wil U hê moet ons vir U voorbereidings tref om die Pasga te eet?”
MATTEUS 26:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brode het die dissipels na Jesus gekom en vir Hom gesê: Waar wil U hê moet ons vir U berei om die pasga te eet?