MATTEUS 25:35
MATTEUS 25:35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang
MATTEUS 25:35 Bybel vir almal (ABA)
Want toe Ek honger was, het julle vir My iets gegee om te eet, en toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink. Toe Ek 'n vreemdeling by julle was, het julle gesê Ek is welkom by julle.
MATTEUS 25:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee
MATTEUS 25:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves
MATTEUS 25:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was 'n •vreemdeling, en julle het My as 'n gas verwelkom
MATTEUS 25:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek was honger, en julle het vir my vleis gegee; ek was dors, en julle het my te drinke gegee; ek was 'n vreemdeling, en julle het my ingeneem.
MATTEUS 25:35 Die Boodskap (DB)
Laat Ek julle vertel. Ek het niks gehad om te eet nie, maar julle het My kos gegee. Toe Ek dors was, was julle daar met ’n glas water. Toe Ek nog vir julle ’n onbekende was, het julle My al in julle huise verwelkom en selfs slaapplek gegee.