MATTEUS 25:26-27
MATTEUS 25:26-27 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en lui slaaf. Jy het geweet ek sny koring af wat ek nie gesaai het nie en ek maak bymekaar waar ek nie geplant het nie. Daarom moes jy my geld in die bank gesit het. Dan kon ek my geld en die rente gekry het toe ek teruggekom het.’
MATTEUS 25:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
MATTEUS 25:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het.
MATTEUS 25:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar sy eienaar antwoord hom, ‘Jou slegte en lui slaaf! Jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie en oes waar ek nie saad uitgestrooi het nie. Daarom moes jy my geld by die bankiers belê het, en met my terugkeer sou ek wat myne is, met rente teruggekry het.
MATTEUS 25:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy heer het geantwoord en vir hom gesê: Jou slegte en trae dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en insamel waar ek nie gestrooi het nie. U moes dus my geld by die wisselaars gesit het, en dan sou ek my geld met woeker ontvang het by my koms.
MATTEUS 25:26-27 Die Boodskap (DB)
Die ryk man antwoord toe: ‘Jy is nou regtig ’n hopelose werker, ’n nikswerd! Jy weet ek is streng en verwag net die beste van julle. Kon jy nie my geld in ’n bank gesit het nie? Dan kon ek ten minste rente op die geld gekry het.
MATTEUS 25:26-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Maar sy eienaar het hom geantwoord: ‘Jou slegte slaaf! Jou lamsak! So, jy het geweet dat ek ’n veeleisende mens is wat wil oes waar ek nie self gesaai het nie en wil insamel waar ek niks ingesit het nie? Dan moes jy mos my geld in die bank belê het en ek sou by my terugkoms ten minste my geld met rente kon terugkry.’