MATTEUS 25:1
MATTEUS 25:1 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer tien meisies hulle lampe neem en uitgaan om die bruidegom te ontmoet.
MATTEUS 25:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
MATTEUS 25:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dan sal dit met die koninkryk van die hemel gaan soos met tien meisies wat hulle lampe gevat het om die bruidegom te gaan inwag.
MATTEUS 25:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Dan sal die •koninkryk van die hemele wees soos tien jongmeisies wat hulle lampe geneem het om die bruidegom tegemoet te gaan.
MATTEUS 25:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan sal die koninkryk van die hemele vergelyk word met tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
MATTEUS 25:1-4 Die Boodskap (DB)
Jesus vertel toe vir hulle nog ’n verhaal oor hoe dit in God se nuwe wêreld gaan wees: “Daar was tien jongmeisies wat ’n troue wou bywoon. Soos die gewoonte is, het hulle hulle lampe gevat en die bruidegom langs die pad gaan inwag. Hy moes sy bruid deur die loop van die aand by haar huis gaan haal. Niemand het egter die presiese tyd geweet wanneer die bruidegom en sy vriende sou kom nie. Hulle was nog by sy huis besig om partytjie te hou. Die helfte van die meisies was slim genoeg om ekstra lampolie saam te vat, ingeval die bruidegom nie gou kom nie.