Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 24:9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 24:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.

MATTEUS 24:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

MATTEUS 24:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Dan sal hulle julle arresteer, vervolg en doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle mý mense is.

MATTEUS 24:9 DB (Die Boodskap)

Die ongelowiges gaan julle haat met ’n vurige haat. Hulle gaan lekkerkry om te sien hoe julle ter wille van My gemartel en selfs doodgemaak word.

MATTEUS 24:9 ABA (Bybel vir almal)

Dan sal mense julle vir ander mense gee, en daardie mense sal julle verdruk en doodmaak. Al die volke sal julle haat omdat julle aan My behoort.

MATTEUS 24:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dan sal hulle julle oorlewer om verdruk te word en julle doodmaak, en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

MATTEUS 24:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dan sal hulle julle aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.