Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 24:32 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 24:32 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby.

MATTEUS 24:32 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

MATTEUS 24:32 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Leer van die vyeboom hierdie les. Wanneer sy lote reeds begin sag word en sy blare begin stoot, besef julle dat die somer op hande is.

MATTEUS 24:32 DB (Die Boodskap)

“Julle het gevra wanneer die Seun gaan kom. Luister na hierdie voorbeeld uit die natuur: Hoe weet ’n boer die somer is naby? Hy kyk na die vrugtebome. As hulle begin blaartjies en blommetjies maak, weet hy dat die somer op hande is.

MATTEUS 24:32 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het ook gesê: “Julle moet hierdie les leer van die vyeboom: Wanneer 'n vyeboom se takke sag word en die blare begin groei, dan weet julle die somer is naby.

MATTEUS 24:32 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Leer hierdie les van die vyeboom: Sodra sy takke begin sag word en blare uitstoot, weet julle dat die somer naby is.

MATTEUS 24:32 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Leer nou 'n gelykenis van die vyeboom; Wanneer sy tak nog sag is en blare uitspruit, weet julle dat die somer naby is.