Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 24:23 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 24:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

“As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie.

MATTEUS 24:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! — moet dit nie glo nie.

MATTEUS 24:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hiér is die Messias,’ of: ‘Dáár is Hy,’ moenie dit glo nie.

MATTEUS 24:23 DB (Die Boodskap)

“As iemand julle dan wil wysmaak dat dit die Christus is wat kom, lag hom uit. Moenie ’n woord glo wat hy sê nie.

MATTEUS 24:23 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of ‘Daar is Hy!’ dan moet julle hom nie glo nie

MATTEUS 24:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ As iemand dan vir julle sê, ‘Kyk, hier is die Christus!’ of ‘Hier is Hy!’ moet julle dit nie glo nie.

MATTEUS 24:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is Christus of daar; glo dit nie.