MATTEUS 24:19 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 24:19 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het.
Deel
MATTEUS 24 AFR83MATTEUS 24:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
Deel
MATTEUS 24 AFR53MATTEUS 24:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hoe erg sal dit nie in daardie tyd wees vir vroue wat verwag of wat nog borsvoed nie!
Deel
MATTEUS 24 NLVMATTEUS 24:19 DB (Die Boodskap)
Ek kry veral vroue jammer wat dan babas verwag of klein babatjies het. Hulle gaan swaarkry!
Deel
MATTEUS 24 DBMATTEUS 24:19 ABA (Bybel vir almal)
Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat 'n baba verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink.
Deel
MATTEUS 24 ABAMATTEUS 24:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wee hulle wat in daardie dae swanger is en borsvoed!
Deel
MATTEUS 24 AFR20MATTEUS 24:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En wee die swangeres en die wat soog in daardie dae!
Deel
MATTEUS 24 CAB23