MATTEUS 23:3
MATTEUS 23:3 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet julle alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet gehoorsaam wees. Maar julle moenie doen wat hulle doen nie, want hulle sê wat julle moet doen, maar hulle doen dit nie self nie.
MATTEUS 23:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
MATTEUS 23:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie.
MATTEUS 23:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Doen en onderhou dan alles wat hulle vir julle sê. Maar moenie doen wat hulle doen nie, want hulle praat net en doen nie.
MATTEUS 23:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Alles dan wat hulle jou beveel om te onderhou, dit onderhou en doen; maar julle moet nie na hulle werke doen nie, want hulle sê en doen nie.