MATTEUS 23:21 - Compare All Versions

MATTEUS 23:21 ABA (Bybel vir almal)

En iemand wat iets belowe en sê die tempel is sy getuie, belowe dit en sê die tempel en God wat in die tempel woon, is sy getuie.

MATTEUS 23:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon

MATTEUS 23:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wie by die tempel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die tempel en by God wat daarin woon.

MATTEUS 23:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wie sweer by die heiligdom, sweer daarby en by Hom wat dit bewoon.

MATTEUS 23:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En elkeen wat sweer by die tempel, sweer daarby en by Hom wat daarin woon.

MATTEUS 23:21-22 DB (Die Boodskap)

Antwoord vir My net dié vraag: Hoe kan gekruiste vingers, ’n stuk papier of die buiteblad van die Bybel nou ’n belofte maak of breek? ’n Belofte is mos ’n belofte! God steur Hom nie aan al hierdie dinge soos vingers of papier nie; vir Hom is ’n belofte ’n belofte wat nie gebreek mag word nie. Dit maak nie saak hoe die belofte gemaak is nie.

MATTEUS 23:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En wanneer jy by die tempel sweer, sweer jy tog nie net daarby nie, maar ook by Hom wat daarin woon.