MATTEUS 23:17 - Compare All Versions

MATTEUS 23:17 ABA (Bybel vir almal)

Julle is blind en dwaas. Wat is die belangrikste: die goud of die tempel? Want die tempel maak die goud gewyd.

MATTEUS 23:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?

MATTEUS 23:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Blinde dwase! Wat is belangriker: die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word?

MATTEUS 23:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dwase en blindes! Wat is belangriker, die goud of die heiligdom wat die goud heilig?

MATTEUS 23:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Julle dwase en blindes, want wat is groter, die goud of die tempel wat die goud heilig?

MATTEUS 23:17 DB (Die Boodskap)

Tog is julle so blind soos molle. Kyk net wat doen julle: julle sê vir mense dat as hulle iets beloof met hulle vingers gekruis, hulle nie hulle belofte hoef na te kom nie.

MATTEUS 23:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle blinde dwase! Wat is die belangrikste, die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word?